Navalny eet weer

Die Russiese opposisieleier en fel kritikus van die Kremlin, Alexey Navalny, het sy eetstaking van 20 dae in ‘n hospitaal in Vladimir, oos van Moskou, beëindig. Hy word sedert Januarie aangehou toe hy van Duitsland na Rusland teruggekeer het. Hy het vyf maande in dié land deurgebring terwyl hy herstel het nadat hy met ‘n senugas vergiftig is. Navalny het in ‘n boodskap op Instagram geskryf hy het gevoel in dele van sy arms en bene verloor. Om te verstaan wat dit veroorsaak en hoe om dit behandel, het hy begin om sy hongerstaking te beëindig.