Job se Dankie Botswana gevind

Die sogenaamde Dankie Botswana Toyota Corolla van die Burgemeester van Windhoek, Job Amupanda is gevind. Luidens die jongste berigte is die motor, wat gedurende die nag in Rocky Crest gesteel is, aan die westelike kant van die hoofstad in die veld gevind. Verskeie onderdele is verwyder. Die polisie se ondersoek duur voort.