Mes-aanval in Boedapest nie ‘n terreurdaad

Twee polisielede is gewond en een is dood in ‘n mes-aanval in Boedapest in Hongarye. Die voorval word nie as ‘n terreurdaad ondersoek nie. Volgens die polisie het die verdagte probeer om ‘n woonstelgebou binne te dring toe die polisie se hulp ingeroep is. Drie polisielede het die verdagte probeer keer en die verdagte het hulle met ‘n mes probeer afweer. Die Hongaarse president, Viktor Orban het in ‘n verklaring gesê die regering sal hulp verskaf aan die gesin van die polisielid wat in die voorval dood is.