Sokker: Pres. Geingob bring ook hulde aan wyle Pelé

Sokker: Namibiese President Hage Geingob het ook hulde gebring aan die ontslape Brasiliaanse sokkerlegende Pelé. Klubs in die Premierliga en die Engelse-sokkerliga gaan swart moubande dra en ‘n minuut lank applous gee voor die naweek se wedstryd om Pelé te vereer. Brasilië het drie dae van rou afgekondig. Vlae hang ook halfstok voor Fifa se hoofkwartier in Switserland, as ‘n simbool van rou en eerbetoon. Die Italiaanse Sokker-federasie sal ‘n minuut se stilte handhaaf voor wedstryde. Intussen sal Fulham hulde bring aan Pelé voor hul verering van een van die staatmakers van die klub, George Cohen, wat verlede week dood is.