Nampol-hoof se ongeluksaak na aanklaer-generaal verwys

Die ongeluk waarin die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, beseer is en drie lewens geëis het, word ondersoek en sal na die kantoor van die aanklaer-generaal vir verwysing gestuur word. Twee slagoffers van die ongeluk is geïdentifiseer. Hulle is die die 22-jarige student van die Onekwaya-Wes-nedersetting, Sofia Ananias, en die 27-jarige Frans Ndengu, ‘n bestuurskool-opleidingsbeampte van die Omena-nedersetting. Die derde slagoffer is nog nie geïdentifiseer nie en Nampol versoek mense wat ‘n geliefde vermis, om die Oshakati-lykshuis te besoek. Die tromp-op-botsing tussen Shikongo se privaat bakkie en ‘n sedanvoertuig het omstreeks een-uur Donderdagoggend op die pad tussen Ondangwa  en Oshikango naby die Iindangungu-nedersetting plaasgevind. Shikongo is steeds in Medi-Park Hospitaal op Ondangwa in ‘n stabiele toestand.