Belastingopgawes van Donald Trump uiteindelik vrygestel

Die belasting-opgawes van Amerikaanse oudpresident Donald Trump is uiteindelik vrygestel na ‘n regstryd van ses jaar. Kritici wou insig hê in die dokumente sedert hy die politiek betree het, maar hy het nog altyd geweier. Honderde bladsye van Trump se persoonlike en sake-belastingopgawes is gepubliseer, waarop sy kamp reageer het dit sal die land se politieke kloof breër maak. Die Demokraties-beheerde Huis van Verteenwoordigers het betoog die vrystelling is ‘n nodige oorsig-besluit.