Sokker: Man United sit sy segetog voort

Sokker: Die bestuurder van Manchester United, Erik ten Hag, is tevrede met sy span wat sy segetog in al sy kompetisies tot ses wedstryde gerek het. Dit volg ná ‘n gemaklike oorwinning van 3-0 oor Bournemouth in die Engelse Premierliga. United is tans in die vierde plek op die puntelys, ná Arsenal, Manchester City en Newcastle. Ten Hag is tevrede met hul vordering.