Sokker: Kampioeneliga se trekking van laaste 16

Sokker: Die trekking vir die Kampioeneliga se laaste 16 het plaasgevind. Daar is ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd met die verdedigende kampioen, Liverpool, wat Real Madrid die stryd aansê. Dit sal ook ‘n herhaling van 2020 se eindstryd wees, met Paris Saint-Germain teen Bayern München. Nog ‘n Duitse span, Leipzig, sal teen Manchester City te staan kom en Club Brugge teen Benfica. AC Milan speel teen Tottenham Hotspur, Eintracht Frankfurt pak Napoli, Borussia Dortmund kom teen Chelsea te staan en Inter Milan speel teen Porto. Die eersteronde-kragmetings sal in Februarie plaasvind en die tweede in Maart.