Veteraan-joernalis sê hoe eenheid in Swapo herstel kan word 

Die Swapo-party is vir baie jare bekend as ‘n party van eenheid en ‘n magtige bevrydingsbeweging. Maar die glorie-dae blyk om verby te wees met sommige lede van die party wat die afgelope jare in ‘n magstryd gewikkel is en gevolglik het dit skade en onenigheid in die party veroorsaak. Nou, met die party se verkiesingskongres wat om die draai is, is die party meer verdeeld, veral met die vise-presidentskap van die party op die spel. Kosmos 94.1 Nuus het aan veteraan-joernalis Asser Ntinda gevra wat hy dink kan gedoen word om die Swapo-party te verenig soos tydens sy glorieryke verlede. Hy het sy antwoord só verwoord…