Sokker: Afrika-span kan eindstryd in 2026 Wêreldbeker haal

Sokker: Die president van die Konfederasie van Afrika-sokker, Patrice Motsepe, glo ‘n span van die vasteland kan die 2026 Wêreldbeker-eindstryd haal. Motsepe het op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gesê Marokko het die deur oopgemaak toe hulle vroeër die maand die halfeind-wedstryd in Katar gehaal het. Hy is vol vertroue ‘n Afrika-span sal verder gaan by die volgende Wêreldbeker-toernooi. Afrika sal nege of tien kwalifiseerders hê onder die groter 48-span 2026 Wêreldbeker-toernooi in die Verenigde State, Kanada en Mexiko. Dit is vyf spanne meer as in Katar.