Amerikaanse egpaar in Uganda aangehou vir marteling van seun

‘n Amerikaanse egpaar wat in Uganda aangehou word op aanklag van ernstige marteling van ‘n tienjarige seun, staar ‘n bykomende aanklag van verswarende kinderhandel in die gesig. Die land se staatsaanklaer sê die misdaad dra die doodstraf in die geval van ‘n skuldigbevinding. Die kind het onder pleegsorg in die egpaar se huis in die hoofstad Kampala gewoon. Hulle het onskuldig gepleit. Volgens die nuwe klagstaat word die egpaar ook nou aangekla van “verswarende handel in kinders”. Hulle moet nog pleit op dié aanklag.