Sokker-aanhangers word bederf vandag

Vier spanne ding vandag mee om die louere in vanjaar se Carling Black Label Beker-toernooi op die FNB Stadion in Johannesburg. Ondersteuners stem vir hulle gunsteling-spanne in die kompetisie, en het Kaizer Chiefs, Orlando Pirates, Mamelodi Sundowns en AmaZulu gekies. AmaZulu en Sundowns sal binnekort opdraf, waarna Pirates en Chiefs mekaar sal die stryd aansê. Die eindstryd begin om vyfuur vanmiddag.