FTX dompel kripto-markte in chaos

Kripto-markte is in chaos gedompel met die aankondiging dat FTX, ‘n uiters gewilde kripto-beurs, vir bankrotskap aansoek doen. Sy uitvoerende hoof Sam Bankman-Fried, bekend as a kripto-wunderkind, het ook uitgetree. Die stap kom na ‘n beduidende likiditeitskrisis na Changpeng Zhao, uitvoerende hoof van Binance, aangekondig het dat Binance FTX sou verkry, maar hy het ‘n ommekeer gemaak. Internasionale nuusagentskappe berig dat ten minste 1 miljard Amerikaanse dollar van kliënte se fondse by FTX vermis is. Aandele van kriptogeldeenhede en blockchain-verwante firmas het ook skerp gedaal, wat sommige kenners sê ‘n potensieel massiewe ineenstorting in die bedryf kan veroorsaak. Talle van die kripto-geldeenhede het tussen 12 en 47 persent in waarde verloor in die laaste week met Bitcoin wat met 18,5 persent in sewe dae teruggesak het, en met 31 persent in die afgelope 90 dae.