Kherson: Dalk is einde van oorlog in sig

Oekraïnse gewapende magte het die middestad van Kherson bereik en is met ‘n helde-ontvangs deur plaaslike inwoners begroet. Dit na Russiese magte onttrek het as gevolg van voorsieningsuitdagings. Vlagswaaiende plaaslike inwoners het gehuil, gesing, troepe omhels en gesoen toe hulle by die stad se hoofplein aangekom het ure nadat die grootste deel van Moskou se magte oor die Dniprorivier teruggevlug het. Dit word alom erken as die grootste sukses nog vir die Oekraïne omdat dit die enigste stad onder Russiese beheer was en ook deel was van die geannekseerde gebiede wat in September die Rusland geëien is. Suid-Afrikaanse politieke kommentator, dr. Charles Sinkala sê aan Kosmos 94.1 Nuus hopelik is die einde van die oorlog in sig.