Soektog na vermistes van gesinkte Thaise oorlogskip duur voort

Reddingswerkers is gewikkel in ‘n stryd teen tyd om 29 vermiste soldate te vind nadat ‘n Thaise oorlogskip Sondagnag aan die suidoos-kus gesink het. Altesaam 76 van die 105 bemanningslede is gered, maar daar kon nog nie rekenskap gegee word van die ander nie. Die vloot het nie besonderhede gegee oor ongevalle nie. Die HTMAS Sukhothai het gesink nadat dit in ‘n storm krag verloor het. Reddingswerkers deursoek ‘n gebied van omtrent 50 vierkante kilometer met die hulp van vier skepe en verskeie helikopters.