Brandstofprys-verlagings in SA verwag in nuwe jaar

Die Sentrale Energiefonds in die buurland het aangedui daar kan in die nuwe jaar brandstofprys-verlagings wees. Dieselpryse kan van 4 Januarie af met tot twee Suid-Afrikaanse rand 78-sent per liter daal. Die prys van 95 loodvrye petrol kan een-rand-94-sent per liter minder wees, en dié van 93-oktaan, een-rand-95-sent. ‘n Verbetering in die waarde van die rand en ‘n skerp daling in internasionale oliepryse sal waarskynlik bydra tot laer brandstofpryse.