Krieket: Gabba se kolfblad ‘ondergemiddeld’

Krieket: Die wedstryd-skeidsregter, Richie Richardson, het die kolfblad van die Gabba in Brisbane as “ondergemiddeld” beoordeel na die eerste toets tussen Australië en Suid-Afrika. Australië het die wedstryd binne twee dae met ses paaltjies gewen. Die stadion het een strafpunt gekry op grond van die Internasionale Krieketraad se kolfblad- en buiteveld-beoordelingsproses. Strafpunte is vir vyf jaar geldig en ‘n stadion word ‘n jaar lank verbied om enige internasionale krieket aan te bied wanneer dit vyf strafpunte opgelê is. Die tweede toets begin Maandag in Melbourne.