Soektog na oorlewendes in Wes-Europa duur voort

Terwyl ‘n skoonmaakoperasie aan die gang is, is reddingswerkers steeds op soek na oorlewendes en slagoffers van die grootste oorstromings in menseheugenis wat Wes-Europa getref het. Meer as 150 mense is dood en nog talle meer word vermis. Terwyl die weste van Duitsland die swaarste getref is, het België, Luxemburg en Nederland ook erg onder die vloede deurgeloop. Die dodetal in Duitsland het gisteraand op 133 gestaan, drie dae ná die vloede begin het, en reddingswerkers sê nog liggame kan moontlik gevind word in oorstroomde kelders en in huise wat ineengestort het.