Dan Craven gaan nie aan die Olimpiese Spele deelneem nie

Die Namibiese Nasionale Olimpiese komitee het bekendgemaak dat die bekende fietsryer Dan Craven, nie aan die 2021 Olimpiese Spele in Japan sal deelneem nie. Die rede is dat hy positief getoets het vir Covid-19 voor sy vertrek na Japan. Dit sou Craven se derde Olimpiese Spele gewees het. Die komitee het Craven bedank vir sy opofferings en harde werk die afgelope jare.