Duisende dosisse Covid-19 enstowwe in Afrika vernietig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat 450 000 dosisse Covid-19 enstowwe in 9 Afrikalande vernietig moes word. Dit is volgens die WGO weens vertragings met die verskeping van die AstraZeneca-entstowwe wat ‘n kort rakleeftyd het. Die WGO se Afrika-streek sê die vasteland het die afgelope tyd die meeste Covid-19-gevalle ooit aangeteken. 5,8 Miljoen bevestigde Covid-19-gevalle is tot dusver in Afrika aangemeld, terwyl 150 000 mense dood is.