Daar is ook suksesverhale in stryd teen wildstropers

Wildstropery is een van die grootste uitdagings waarmee die Nambiese omgewingsministerie te kampe het, veral teen die renosters. Altesaam 55 renosters en twee olifante is tot dusver in Namibië gestroop. Soveel as wat renosterstropery aan die toeneem was, is daar suksesverhale. Adjunk-kommissaris Barry De Klerk van Nampol en die Blue Rhino-taakspan verduidelik hoe hulle verantwoordelik was vir baie van die suksesse in Namibië se stryd teen wildmisdaad.