Soektog deur voort na vermistes ná grondstorting in Maleisië

Meer as 12 mense is nog vermis ná ‘n grondstorting in Maleisië wat minstens 21 mense se lewens geëis het, onder wie kinders, terwyl hulle in hul tente by ‘n kampeerplek geslaap het. Onder die oorledenes is vyf kinders en 12 vroue, volgens die nooddienste. Reddingswerkers is steeds op soek na vermiste mense tussen dik modder en omgevalle bome. Die ramp het in die dorp Batang Kali, 50 kilometer noord van Kuala Lumpur in die heuwelagtige gebied van Genting Highlands plaasgevind. Al die kampeergebiede in die omgewing is gesluit.