Rugby: Oorwinnings vir Haaie en Leeus

Rugby: Die Haaie het hulle segetog voortgesit toe hulle Bordeaux-Belges gisteraand in Parys onder ysige toestande met 19-16 in ‘n Kampioenskapsbekerwedstryd geklop het. Die losskakel Curwin Bosch het 14 punte met sy skopvoet bygedra. In Johannesburg het die Leeus hulle eerste oorwinning van die toernooi behaal. Hulle het ‘n bonuspunt ingesamel met hulle oorwinning van 30-12 oor Stade Français, na hulle teen rustyd met 20-5 voorgeloop het. Vanmiddag meet die Bulle en Exeter Chiefs kragte in Engeland. Die laaste wedstryd van die naweek is tussen die Stormers en London Irish in Kaapstad.