So werk die gratis vervoer na Mariental vir Heldedag

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese inligtingsministerie, dr. Audrin Mathe, het aangekondig dat daar gratis openbare vervoer na en van die Heldedag-herdenking sal wees wat môre by die sportterrein van Mariental in Hardap-streek sal plaasvind. Feesgangers sal gratis vervoer vanaf die streke van Khomas en Karas, asook in die Hardap-streek van sover as Aranos, Gibeon, Maltahöhe en Rehoboth kry. Die busse sal vanaf vier uur die oggend feesgangers vanaf geïdentifiseerde punte oplaai. Dr. Mathe deel die reëlings met Kosmos 94.1 Nuus.