Fase 2 van inentingsprogram in SA is krities vir herstel

Die Voorsitter van Business for South Africa, Martin Kingston, sê die begin van Fase 2 van die land se inentingsprogram vandag is ‘n kritieke draaipunt in die stryd teen Covid-19 wat nou reeds 14 maande duur. Mense ouer as 60 jaar sal in hierdie fase ingeënt word. Kingston sê die sakewêreld ondersteun die inentingsveldtog ten volle. Hy sê inentings is die beste gesondheids-, maatskaplike en ekonomiese benadering tot Covid-19. Hy sê 13 private lokale sal vandag gereed wees om drie-duisend-500 inentings per dag toe te dien: