So lyk die voorspelling vir die Desember-brandstofprys

Die jongste inflasiesyfers is in en vervoer het 2,6 persent tot die Oktober-syfer van 7,1 persent bygedra as gevolg van hoë brandstofpryse. Namibiese huishoudings wil ook in Desember ‘n bietjie wegkom en alle aanduidings is dat met die Amerikaanse dollar wat verswak het en Covid in China wat die olieprys afdruk, behoort verbruikers verligting te kry. Kosmos 94.1 Nuus het met Robert McGregor, ekonoom by Cirrus in die hoofstad gepraat oor sy mening.