Dit gaan baie beter met Enrico Junius, hy kom einde November huis toe

Dit gaan baie beter met die burgemeester van Rehoboth Enrico Junius. Junius het ernstige brandwonde in die nou beroemde Rehoboth-Tsumis-brand, wat op 14 September ontstaan het, opgedoen. Hy en sy vriend Quintin Diergaardt is Kaap toe gevlieg vir behandeling waar Diergaardt uiteindelik beswyk het aan sy wonde. Daar word berig hy was ‘n held omdat hy homself oor sy vriend Junius gegooi het om hom van die vlamme te beskerm. Die hoof uitvoerende beampte van Rehoboth, Simeon Kanime sê Junius behoort teen einde November terug te keer.