So lyk die stand van sake met die plasing van leerders in skole

Daar is nog talle ouers wat wag op plekke vir hul graad 1 en 8 kinders by skole regoor die land. Die akademiese jaar het reeds verlede week op 11 Januarie begin en die ministerie skarrel op die oomblik om plekke vir almal te kry. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het oor die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê sake sal teen einde Januarie gefinaliseer wees.

Sy voeg by dat nie alle kinders by ouers se voorkeurskool geplaas kan word nie.