Hoof-hidroloog het jongste oor efundja-waters

Efundja-waters neem steeds in die noordweste van die Ohangwena-streek toe en oorheers op die oomblik die plaaslike nuustoneel. Sommige skole in die gemeenskappe wat deur die vloedwater geraak word, is reeds gesluit en verskeie huishoudings is heeltemal omring deur water. Daar is nog nie skade aan infrastruktuur aangemeld nie. Die landbouministerie sê hy monitor die situasie deurentyd. Die hoof van die ministerie se hidrologiese diens, Leonard Hango, het die jongste in verband met die efundja met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.