So lyk die stand van sake by die VSA Ope

Carlos Alcaraz of Casper Ruud sal die eerste keer die wêreld se nommer een-speler wees, wie ookal die Amerikaanse Ope-eindstryd bereik. Ruud, van Noorweë, speel vandag teen die Rus, Karen Kachanov, in die halfeindstryd, terwyl die 19-jarige Spanjaard, Alcaraz, te staan kom teen die laaste Amerikaner wat meeding, Frances Tiafoe, wat Rafael Nadal uitgeskakel het. Tiafoe word afgerig deur die voormalige Suid-Afrikaanse speler, Wayne Ferreira: