Kommer oor geletterdheid van SA-kinders

Die groep, Digify SA, het kommer uitgespreek oor die geletterdheidsvlakke van Suid-Afrikaanse kinders. Die wêreld het Donderdag Internasionale Geletterdheidsdag gevier en die tegnologiegroep is ontsteld oor die jongste syfers wat aandui omtrent 47 persent van kinders het nog nooit ‘n boek gelees saam met ‘n ouer of ‘n voog nie. Boonop het ‘n internasionale geletterdheidstudie onthul agt uit tien Suid-Afrikaanse kinders kan nie betekenisvol lees nie, selfs nie in hulle eie tale nie. Die projekbestuurder Omphile Kgwathe sê dié tendens kan die groeikoers van digitale geletterdheid in Suid-Afrika strem: