So lyk Covid vandag

Daar is 218 nuwe Covid-gevalle uit 1 375 toetse. Erongo het 56, Khomas, 49, Hardap 32, 11 in Rehoboth, Oshana 23, Otjozondjupa 22, Kunene 12 en Oshikoto 9. Die res is landwyd versprei. Daar is 41 leerders, 8 onderwysers en 8 gesondheidswerkers in die groep. ‘n Totaal van 97 pasiënte het herstel wat die aktiewe gevalle tot 1 409 te staan bring. Daar is 7 sterfgevalle bevestig en 95 pasiënte is tans in die hospitaal met 37 in hoësorg. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het die aankondiging gemaak.