Namibië dalk oor 2 jaar selfvoorsienend met eiers

Die Namibiese pluimveevereniging sê die bedryf in die land het nie die uitwerking van die Covid-19 pandemie vrygespring nie. Volgens die voorsitter, René Werner, was daar ‘n baie groot vraag na pluimveeprodukte in die eerste twee weke van die inperking. Hy skryf dit aan aankope deur paniekerige verbruikers toe. Daarna het ‘n nuwe normaal ontstaan met beperkings op die toerismebedryf wat eieraankope aansienlik laat daal het. Media in Suid-Afrika berig dat Werner glo Namibië kan binne die volgende jaar of twee selfvoorsienend word ten opsigte van eierproduksie.