Lühl het aansoek ingedien

Na ‘n skrywe deur sy regsverteenwoordie Uno Katjipuka aan die voormalige Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi, het Phillip Lühl uiteindelik toestemming gekry en kon aansoek doen vir noodreisdokumente vir sy tweeling dogters in Suid-Afrika. Die Hoë Kommissariaat in die buurland het hom eers geweier. Katjipuka sê die aansoek sal in Windhoek verwerk word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.