So lyk Covid-gevalle tans

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 177 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 63, Mariental 18, Gobabis en Okakarara onderskeidelik 12 elk, en Otjiwarongo 10. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 070 aktiewe gevalle, 47 300 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 50 070. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 689.