3rde vlaag … Is Namibië gereed?

Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes in Suid-Afrika sê daar is tekens van ‘n derde korona-virus vlaag in dele van die buurland. Gauteng het nou meer as 4 000 aktiewe Covid-19-gevalle en die getalle in sommige gebiede verdubbel weekliks. Plaaslik wil dit voorkom asof getalle ook stelselmatig styg. Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor of Namibië gereed is vir ‘n moontlike derde vlaag.