Noodtoestand in VSA na kuberaanval

Die Amerikaanse regering het ‘n noodtoestand afgekondig ná ‘n kuberaanval op die Colonial-pypleiding. Die stap is gedoen om te verseker dat brandstofvoorraad per pad vervoer kan word en steeds groot stede en lughawens kan bereik. Die Colonial-pypleiding voer brandstof, diesel en vliegtuigbrandstof van Texas na New York en dra sowat 45 persent van al die brandstof wat aan die land se ooskus gebruik word. Volgens die Colonial Pipeline-maatskappy word ‘n aantal van sy inligtingstegnologie-stelsels geraak. Volgens berigte meen kenners die voorval kan tot ‘n brandstofprysstyging van tussen 2 en 3 persent lei.