Nam-owerhede sloer met kriptogeldeenhede

Kriptogeldeenhede word al hoe meer algemeen en word in talle lande aanvaar as ‘n werklike geldeenheid. Ook so in Suid-Afrika waar kettingwinkels soos Pick n Pay aangekondig dat die winkelgroep nou transaksies via kriptogeldeenheid by 39 winkels landwyd in die buurland sal toelaat. In Namibië ontbreek die wetgewing steeds. Kosmos 94.1 Nuus het met Coenie Botha, CBI se uitvoerende hoof oor die kwessie gesels en in sy mening, vra owerhede nie insette van rolspelers in die bedryf nie, en vandaar, die vertraging.