Snorre, ou motors en fondse vir prostaatkanker in November!

Die Namibiese Kankervereniging bied die “Movember November” Famile-dag op 19 November by Goanikontes Oasis net buite Swakopmund aan. Fondse wat deur die jaarlikse Rough ‘n Tough sogenaamde antieke motorwedren ingesamel is, sal oorhandig word en daar is ook stalletjies en talle prettige aktiwiteite. Renay Baard van Goanikontes het meer.