Ndeitunga gesels oor die afgetrede lewe

Die oud-hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het in Augustus afgetree na hy die pos beklee het sedert 2005. Ndeitunga het altyd ‘n goeie verhouding met die media gehad en Kosmos 94.1 Nuus het ingeloer om uit te vind hoe afgetrede lewe die voormalige polisiehoof behandel.