Akkerbouraad sê (nie eintlik nie) oor verskil tussen plaashek, winkelpryse

Die Namibiese Akkerbouraad verduidelik die groot prysverskil van groente wat by die plaashek betaal word en dit wat die verbruiker in Windhoek betaal. Vir 1 kilogram aartappels ontvang die boere 6 Namibiese dollar 70 terwyl die verbruiker drie keer meer betaal op 19 dollar 90. Vir talle groentes, is die prysverskil tot drie keer meer as wat die boer ontvang. En vir soetrissies, is dit meer. In die geval van patats, sou die Akkerboudraad se syfers korrek wees, kos dit 18 dollar om ‘n kilogram patats te vervoer, verpak en verkoop. Die raad se akkerboumark-ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, verduidelik die prysmarge so aan Kosmos 94.1 Nuus.