Smokkelary van voertuie na Mosambiek wek kommer

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekerheid en Skakeling in Mpumalanga, Vusi Shongwe, sê die provinsiale regering is bekommerd oor die toename in kapings en die smokkel van motors. Dit volg nadat 36 voertuie teruggevind en 22 verdagtes aangekeer is langs Mpumalanga se grens met Mosambiek. Shongwe sê die provinsiale regering het ‘n grensbestuursprogram in werking gestel om die saak te hanteer. Hy sê 200 grensbestuursowerheids-wagte is ontplooi om sekerheid aan kwesbare distrikte naby die grensgebied te verskaf.