Speenkalwers, bek-en-klouseer onder die loep

Met die huidige bek-en-klouseer in Suid-Afrika voorspel ekonome ‘n swakker derde kwartaal vir die landbou, veral as gevolg van die verbod op vervoer in Suid-Afrika. Die prys van speenkalwers sal egter nie binnekort drasties daal nie volgens Paul Klein van Agra Auctions in Namibië. Bek-en-klouseer blyk onverpoosd te versprei en baie plaaslike produsente maak staat op die Suid-Afrikaanse mark vir speenkalf-uitvoere. Klein gesels met Kosmos 94.1 Nuus.