Smokkelary belemmer handel tussen Namibië, Angola
Die Kamers van Koophandel en Nywerheid van Namibië en Angola nooi sakelui van beide lande uit na die tweede Angola-Namibië Besigheidsforum wat in Lubango, Angola, wat geskeduleer is vanaf 3 tot 6 September. Die Forum sal sluit ‘n besigheidsessie in om terugvoer te gee oor kwessies wat geopper is tydens die eerste forum wat in Mei verlede jaar by Helao Nafidi aangebied is. Sakegeleenthede word ondersoek in verskeie sektore soos onder meer landbou, mynbou en energie, vervaardiging, die soutbedryf, visserye, water-infrastruktuur, vervoer en logistiek, toerisme, gesondheid, konstruksie en handel. Die bekende sakeman van Oshikango, Jafet Nakanue, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gedeel waarom handel tussen die twee buurlande belangrik is, maar daar is uitdagings met smokkelary…