Swartbooi bevraagteken toekenning van waterstof-beurse

Landless People’s Movement-leier Bernadus Swartbooi het ná President Hage Geingob se staatsrede die regverdige toekenning van studentebeurse vir groenwaterstof-projekte bevraagteken. Die President sê teen die einde van hierdie maand sal die regering 93 Namibiërs aankondig wat beurse ter waarde van meer as 34 miljoen Namibiese dollar sal ontvang om hul meesters- en tegniese en beroepsopleidng-studies te volg in gebiede wat met die sintetiese brandstof-bedryf verband hou. Swartbooi sê alle Namibiërs moet uit die groenwaterstof-projekte voordeel trek.