Smith is benoem as PGA-speler van die jaar

Die wêreld nommer twee, Cameron Smith, is benoem as die PGA-toer se Speler van die Jaar, ondanks die feit dat hy onlangs die speler met die hoogste rang geword het wat by die wegbreek LIV-reeks aangesluit het. Hy ding mee vir die eer met die Amerikaner Scottie Scheffler en Rory McIlroy van Noord-Ierland, wat tans onderskeidelik die wêreld nommer een en drie is. Die 29-jarige Australiër het in Julie ‘n goeie jaar gekroon deur die Britse Ope te wen en het ook die Spelers-kampioenskap beklink. Die stemproses vir die PGA-prys sluit Vrydag.