SME’s moet hulself posisioneer vir voordele uit olie en groen waterstof

Met olie wat aflandig van die Namibiese kus ontdek is en die vooruitsigte van die groen waterstof-projek, lyk die toekoms oor die volgende vyf jaar goed vir Namibië. Die wêreld se aandag sal op Namibië wees met beleggers wat hoop om in te kom en aan hierdie projekte te werk. Die vraag is egter hoe klein en medium ondernemings hulself gaan posisioneer om seker te maak hulle trek voordeel uit hierdie groot projekte. Die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer het sy antwoord só aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord…