SME’s in die Kaap kan registreer en kontrakte ontvang

Die Wes-Kaapse Departement van Menslike Nedersettings, sê hy het proaktiewe stappe gedoen om die plaaslike ekonomie te herbou, deur die getal Klein, Medium- en Mikro-ondernemings op sy databasis van kontrakteurs ʼn hupstoot te gee. Die LUR, Tertuis Simmers, sê as deel van die departement se inisiatief met die databasis van verskaffers, het hulle 606 voorleggingsaansoeke ontvang van kwalifiserende ingenieurs- en boukontrakteurs. Volgens Simmers is 402 van die aansoeke reeds goedgekeur en afgeteken: