Staking vir staatsamptenare is bevestig – Kavihuha

Die sekretaris-generaal van die Namibiese vakverbond, Tucna, Mahongora Kavihuha het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ‘n staking deur staatsamptenare wel bevestig is en binnekort aangekondig sal word. Staatsamptenare het net meer as vyf jaar laas ‘n verhoging gehad en onderhandelings in die verband het op ‘n dooiepunt uitgeloop. Die regering sê daar is nie geld nie. Kavihuha stem nie saam nie.