Sluipmoordaanval op Khan internasionaal veroordeel

Wêreldleiers het die vermeende sluipmoordaanval op Pakistan se uitgesette eerste minster, Imran Khan, veroordeel. Hy is geskiet en in die been gewond toe ’n man gister tydens ’n protesoptog in Islamabad losgebrand het. Een persoon is dood en minstens nóg vyf is gewond. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het die skietery veroordeel en gesê geweld het geen plek in die politiek nie. Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, sê die aanval op Khan is heeltemal onaanvaarbaar, en geweld hoort nie in die politiek, in enige demokrasie óf in die samelewing nie.